Trou jy Binnekort?

Huweliks Voorwaarde Kontrak
Maklike Aanlyn Aansoek - R1450
Ons praat jou taal.
Louwrens Koen Prokureurs
Tel: 087 0010 733

*
*

Ons het reeds duisende paartjies bygestaan met die registrasie van 'n voorhuwelikse kontrak.

Trou jy binnekort? oorweeg Huwelikskontrak.   image
As jy die groot besluit geneem het om te trou, besef jy gou dat daar baie besluite geneem moet word. Behalwe die rok, troue en onthaal, is daar ook 'n belangrike regsbesluit wat jy met jou verloofde moet maak naamlik of jy nou 'n huweliksooreenkoms nodig het of nie. Met ander woorde of jy binne of buite gemeenskap van goedere gaan trou. Aangesien u besluit  u regstatus, kontraktuele vryheid en risiko profiel sal beïnvloed, is dit belangrik om u opsies vir huweliksgoederebedeling noukeurig te verken voordat u die huwelik sluit.


Op hierdie webwerf vind u die insiggewende artikels wat u instaat sal stel om die regte besluit te neem. Louwrens Koen Prokureurs sal u graag help om u spesifieke omstandighede te bespreek.

Keuse moet uitgeoefen word voor huweliksluiting. Sonder 'n HVK sal julle binne gemeenskap van goedere getroud wees.

'n Paartjie wat  in die huwelik wil  tree het die keuse van die volgende huweliksbedelings:

  • Huwelik binne gemeenskap van goedere
  • Huwelik buite gemeenskap van goedere met die aanwasbedeling
  • Huwelik buite gemeenskap van goedere sonder die aanwasbedeling

    1. ‘N HUWELIK BINNE GEMEENSKAP VAN GOEDERE

    Volgens die Suid-Afrikaanse reg word ‘n huwelik wat sonder ‘n voorhuwelikse kontrak gesluit word, geag binne gemeenskap van goedere te wees. Wanneer partye binne gemeenskap van goedere, ontstaan ‘n gemeenskaplike boedel met die twee partye as gesamentlike administrateurs van die gesamentloke boedel.

    Alle bates en skulde van beide partye, hetsy verkry voor, tydens wat hulle tydens huweliksluiting besit of daarna bekom, word in
    gelyke onverdeelde dele gehou deur beide partye en beide partye is ook gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir alle laste (skulde) van enige van die partye tot die huwelik hetsy aangegaan voor of na huweliks sluiting.

    Die blootstelling van die gemeenskaplike boedel aan alle skulde van beide partye voor en na huweliksluiting is 'n groot risiko veral in gevalle waar een van die partye sy of haar eie besigheid besit.

    Elke party tot die huwelik het ‘n reg om die boedelbates van die gemeenskaplike boedel te vervreem alhoewel die toestemming van die
    ander party tot sodanige vervreemding altyd benodig word, soms skriftelik en soms mondelings.


    In die geval van dood van enige van die huwelikspartye val die hele gemeenskaplike boedel onder die administrasie van die Eksekuteur en moet die hele boedel deur die Eksekuteur beredder word. Ook hierdie aangeleentheid veroorsaak praktiese probleme tydens boedelbereddering wat vermy kon geword het deur ‘n ander huweliksbedeling te kies.

    2. HUWELIK BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE SONDER DIE AANWASBEDELING

    In hierdie geval moet die huwelikspartye voor huweliksluiting ‘n Voorhuwelikse kontrak laat opstel en registreer . Die gemeenskap van goedere en van wins en verlies uitgesluit en is elke party die eienaar van sy of haar eie boedelbates. By ontbinding van die huwelik word daar nie gedeel in die aanwas of groei van die boedels nie. Die partye nie vir mekaar se skulde aanspreeklik is nie, behalwe in gevalle waar hulle vir mekaar borg geteken het. In geval van dood word net die oorlede party se boedel geplaas onder die administrasie van ‘n Eksekuteur en beredder deur die Eksekuteur. Hierdie opsie moet omsigtig gekies word in gevalle waar die omstandighede dit regverdig.

    3. HUWELIK BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE MET DIE AANWASBEDELING

    Ook in hierdie geval word, deur middel van ‘n voorhuwelikse Notariële huweliksvoorwaardeskontrak die gemeenskap van goedere en van wins en verlies uitgesluit. Elke party is dus weereens verantwoordelik vir sy of haar eie skulde en die eienaar van sy of haar eie bates.

    Hierdie bedeling maak egter daarvoor voorsiening dat bates wat tydens die duur van die huwelik bymekaar gemaak word, ongeag
    op wie se naam dit geplaas word, in gelyke dele deur die partye gedeel sal word by ontbinding van die huwelik.

    Hierdie bedeling is ‘n populêre keuse vir paartjies wat vir die eerste maal trou en nog nie groot en waardevolle boedels bymekaar gemaak
    het nie. Aanwas beteken in wese dat behalwe vir sekere bates wat deur die partye tydens die aangaan van die aanwas uitgesluit word,
    alle ander boedelbates en die groei daarvan, deel vorm van die aanwasboedel wat in gelyke dele tussen die partye verdeel sal word ingeval van dood of egskeiding. Dit is veral 'n goeie keuse waar een van die partye sy of haar eie besigheid bedryf. Die opsie gee die voordele van 'n verdeling van bates met die verdere voordeel van batebeskerming teen krediteure.

    In leketaal beteken dit dus dat die partye nie aanspreeklik is vir mekaar se
    skulde nie maar dat hulle weld deel in wat hulle bymekaargemaak het gedurende die bestaan van die huwelik. Die deling geskied net by die ontbinding van die huwelik wat plaasvind by die dood van een van die partye of egskeiding. Hierdie huweliksbedeling laat baie buigbare en kreatiewe boedel beplanning toe.

    Die “aanwas” is die mate wat partye se onderskeie boedels gegroei het by die ontbinding van die huwelik, in ander woorde, die bedrag wat die netto waarde van ‘n gade gegroei het oor oor die periode van die huwelik. Die aanwas van die partye word van mekaar afgetrek en die gade wat die minste aanwas getoon het, het ‘n eis van 50% in die verskil tussen die partye se aanwas. Die Aanvangswaarde van die betrokke partye word opgegee by die sluiting van die huweliksvoorwaardekontrak en reflekteer die party se netto batewaarde op
    daardie stadium. Indien u onseker is hoe dit bereken word kan u die vorm in die aflaai seksie gebruik gebruik om u netto batewaarde te bepaal.

WHATSAPP ONS - STUUR BOODSKAP

06-05-2020

Buite gemeenskap van goedere met aanwas

Buite gemeenskap van goedere beteken dat die betrokke partye 'n kontrak aangegaan het, 'n skriftelike ooreenkoms wat deur 'n notaris opgestel en verly is voor die huwelik gesluit is, ingevolge waarvan elke gade gewoonlik sy / haar aparte eiendom behou en volle vryheid het om daardie eiendom te hanteer hoe sy/hy verkies. As een van die eggenote s tydens die huwelik insolvent verklaar word, word die ander eggenoot se eiendom van die insolvente gade se skuldeisers beskerm, onderhewig aan Artikel 21 van die Insolvensiewet.

Read More
10-03-2020

Buite gemeenskap van goedere sonder aanwas

'Buite gemeenskap van goed' beteken dat die betrokke partye 'n kontrak aangegaan het, 'n skriftelike ooreenkoms wat deur 'n notaris opgestel en verly is voor die huwelik ingevolge waarvan elke gade gewoonlik sy / haar aparte eiendom behou en volle vryheid het om daardie eiendom te hanteer Soos hy of sy verkies. As een huweliksmaat tydens die huwelik insolvent verklaar word, word die ander eiendom van die insolvente gade se skuldeisers beskerm, onderhewig aan Artikel 21 van die Insolvensiewet.

Read More
06-02-2020

Binne gemeenskap van goedere

As u nie voor u huwelik 'n huweliksooreenkoms aangaan nie, sal u outomaties binne gemeenskap van goedere getroud wees ingevolge die Suid-Afrikaanse reg. Beide eggenote se individuele boedels sal deur die huwelik in een gesamentlike boedel gekombineer word. Dit beteken dat alle huweliksbates, skuld en -verpligtinge albei eggenote se verpligtinge en verantwoordelikheid en eiendom word sodra die huwelik gesluit is. Vanaf daardie oomblik sal slegs een gesamentlike boedel bestaan. Albei eggenote sal gesamentlik aanspreeklik wees vir die terugbetaling van skuld teen hul gekombineerde skuldeisers, ongeag wie die skuld aangegaan het.

Read More

Ons staan reg om jou by te staan.

Kontak ons met jou vrae of om die proses te begin.

*
*
  • Louwrens Koen Attorneys 416 Kirkness Street, Arcadia, Pretoria, South Africa
*
*

Vul die vorm so volledig moontlik in. Gebruik die veilige oplaai fasiliteit om om bewys van adres en ID dokumente op te laai. Indien u onseker is kontak ons gerus. Tel 0870010733 of E-pos admin@louwrenskoen.co.za. Ons het reeds duisende paartjies bygestaan met die registrasie van 'n huwelikskontrak. 


Complete the form and use the integrated facility to upload your proof of address and ID documents. If unsure please contact us on Tel: 0870010733 or E-mail: admin@louwrenskoen.co.za.  


‘N HUWELIK BINNE GEMEENSKAP VAN GOEDERE

Volgens die Suid-Afrikaanse reg word ‘n huwelik wat sonder ‘n voorhuwelikse kontrak gesluit word, geag binne gemeenskap van goedere te wees. Wanneer partye binne gemeenskap van goedere, ontstaan ‘n gemeenskaplike boedel met die twee partye as gesamentlike administrateurs van die gesamentloke boedel.

Alle bates en skulde van beide partye, hetsy verkry voor, tydens wat hulle tydens huweliksluiting besit of daarna bekom, word in
gelyke onverdeelde dele gehou deur beide partye en beide partye is ook gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir alle laste (skulde) van enige van die partye tot die huwelik hetsy aangegaan voor of na huweliks sluiting.

Die blootstelling van die gemeenskaplike boedel aan alle skulde van beide partye voor en na huweliksluiting is 'n groot risiko veral in gevalle waar een van die partye sy of haar eie besigheid besit.

Elke party tot die huwelik het ‘n reg om die boedelbates van die gemeenskaplike boedel te vervreem alhoewel die toestemming van die
ander party tot sodanige vervreemding altyd benodig word, soms skriftelik en soms mondelings.


In die geval van dood van enige van die huwelikspartye val die hele gemeenskaplike boedel onder die administrasie van die Eksekuteur en moet die hele boedel deur die Eksekuteur beredder word. Ook hierdie aangeleentheid veroorsaak praktiese probleme tydens boedelbereddering wat vermy kon geword het deur ‘n ander huweliksbedeling te kies.

HUWELIK BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE SONDER DIE AANWASBEDELING

In hierdie geval moet die huwelikspartye voor huweliksluiting ‘n Voorhuwelikse kontrak laat opstel en registreer . Die gemeenskap van goedere en van wins en verlies uitgesluit en is elke party die eienaar van sy of haar eie boedelbates. By ontbinding van die huwelik word daar nie gedeel in die aanwas of groei van die boedels nie. Die partye nie vir mekaar se skulde aanspreeklik is nie, behalwe in gevalle waar hulle vir mekaar borg geteken het. In geval van dood word net die oorlede party se boedel geplaas onder die administrasie van ‘n Eksekuteur en beredder deur die Eksekuteur. Hierdie opsie moet omsigtig gekies word in gevalle waar die omstandighede dit regverdig.

HUWELIK BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE MET DIE AANWASBEDELING

Ook in hierdie geval word, deur middel van ‘n voorhuwelikse Notariële huweliksvoorwaardeskontrak die gemeenskap van goedere en van wins en verlies uitgesluit. Elke party is dus weereens verantwoordelik vir sy of haar eie skulde en die eienaar van sy of haar eie bates.

Hierdie bedeling maak egter daarvoor voorsiening dat bates wat tydens die duur van die huwelik bymekaar gemaak word, ongeag
op wie se naam dit geplaas word, in gelyke dele deur die partye gedeel sal word by ontbinding van die huwelik.

Hierdie bedeling is ‘n populêre keuse vir paartjies wat vir die eerste maal trou en nog nie groot en waardevolle boedels bymekaar gemaak
het nie. Aanwas beteken in wese dat behalwe vir sekere bates wat deur die partye tydens die aangaan van die aanwas uitgesluit word,
alle ander boedelbates en die groei daarvan, deel vorm van die aanwasboedel wat in gelyke dele tussen die partye verdeel sal word ingeval van dood of egskeiding. Dit is veral 'n goeie keuse waar een van die partye sy of haar eie besigheid bedryf. Die opsie gee die voordele van 'n verdeling van bates met die verdere voordeel van batebeskerming teen krediteure.

In leketaal beteken dit dus dat die partye nie aanspreeklik is vir mekaar se
skulde nie maar dat hulle weld deel in wat hulle bymekaargemaak het gedurende die bestaan van die huwelik. Die deling geskied net by die ontbinding van die huwelik wat plaasvind by die dood van een van die partye of egskeiding. Hierdie huweliksbedeling laat baie buigbare en kreatiewe boedel beplanning toe.

Die “aanwas” is die mate wat partye se onderskeie boedels gegroei het by die ontbinding van die huwelik, in ander woorde, die bedrag wat die netto waarde van ‘n gade gegroei het oor oor die periode van die huwelik. Die aanwas van die partye word van mekaar afgetrek en die gade wat die minste aanwas getoon het, het ‘n eis van 50% in die verskil tussen die partye se aanwas. Die Aanvangswaarde van die betrokke partye word opgegee by die sluiting van die huweliksvoorwaardekontrak en reflekteer die party se netto batewaarde op
daardie stadium. Indien u onseker is hoe dit bereken word kan u die vorm in die aflaai seksie gebruik gebruik om u netto batewaarde te bepaal.

Ons praat jou taal.

Wie is ons - Louwrens Koen Prokureurs. image
Louwrens Koen Prokureurs spesialiseer in notarieele praktyk. Die firma registreer letterlik honderde voorhuwelikse kontrakte op 'n jaarlikse basis. Ons maak gebruik van 'm maklike aanlyn huweliksvoorwaarde kontrak aansoek proses.  Louwrens Koen is toegelaat as prokureur in 1995 na verwerwing van BLC en LLB Grade. Hy is 'n gas dosent in Aktes en Notariële praktyk.

Kontak ons gerus as u enige vrae het of wil reel vir 'n persoonlike konsultasie.
Louwrens Koen Prokureurs
Kantoor 4, Tweede Vloer, Noord Paviljoen, Loftus Versveld,
Arcadia, Pretoria, Gauteng Provinsie
Suid-Afrika.
Tel: 0870010733
E-pos: admin@louwrenskoen.co.za


Registrasie Koste Huweliks Voorwaarde Kontrak  image
R1450.00
Allesinsluitende Fooi
Sluit:
Opstel van kontrak
Toesien tot notarisering
Sertifikaat vir Huweliksbevestiger
Registrasie in Akteskantoor

Louwrens Koen Prokureurs lewer 'n omvattende Huweliksvoorwaardekontrak registrasie diens wat insluit, die opstel, advies, indien en rtegistrasie van die voorhuwelikse kontrak. Die prys van R1450 sluit alles in en daar is geen verborge kostes nie. kontak ons gerus indien u enige vrae het of die proses wil begin. Ons het reeds duisende paartjies bygestaan met die registrasie van 'n huweliksvoorwaardekontrak.

Afhangende van die samewerking van die partye neem die proses een tot 10 werkdae om te voltooi. Dit is belangrik dat die partye genoeg tyd laat vir die proses aangesien die kontrak onderteken moet word voor huweliksluiting. "n Voorhuwelikse kontrak het verreikend regs en finansiële gevolge. Dit is dus van belang dat die partye hulle opsies deeglik ondersoek alvorens besluit word op 'n huweliksgoederebedeling.
Ons sal saam die pro forma kontrak vir u 'n faktuur stuur, welke faktuur u elektronies kan betaal. Ons aanvaar ook kontant of debiet of krediet kaarte.
'n Paartjie wat  in die huwelik wil  tree het die keuse van die volgende huweliksbedelings:

* binne gemeenskap van goedere
* buite gemeenskap van goedere met die aanwasbedeling
* buite gemeenskap van goedere sonder die aanwasbedeling

1. ‘N HUWELIK BINNE GEMEENSKAP VAN GOEDERE

Volgens die Suid-Afrikaanse reg word ‘n huwelik wat sonder ‘n voorhuwelikse kontrak gesluit word, geag binne gemeenskap van goedere te wees. Wanneer partye binne gemeenskap van goedere, ontstaan ‘n gemeenskaplike boedel met die twee partye as gesamentlike administrateurs van die gesamentloke boedel.

Alle bates en skulde van beide partye, hetsy verkry voor, tydens wat hulle tydens huweliksluiting besit of daarna bekom, word in
gelyke onverdeelde dele gehou deur beide partye en beide partye is ook gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir alle laste (skulde) van enige van die partye tot die huwelik hetsy aangegaan voor of na huweliks sluiting.

Die blootstelling van die gemeenskaplike boedel aan alle skulde van beide partye voor en na huweliksluiting is 'n groot risiko veral in gevalle waar een van die partye sy of haar eie besigheid besit.

Elke party tot die huwelik het ‘n reg om die boedelbates van die gemeenskaplike boedel te vervreem alhoewel die toestemming van die
ander party tot sodanige vervreemding altyd benodig word, soms skriftelik en soms mondelings.


In die geval van dood van enige van die huwelikspartye val die hele gemeenskaplike boedel onder die administrasie van die Eksekuteur en moet die hele boedel deur die Eksekuteur beredder word. Ook hierdie aangeleentheid veroorsaak praktiese probleme tydens boedelbereddering wat vermy kon geword het deur ‘n ander huweliksbedeling te kies.

2. BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE SONDER DIE AANWASBEDELING

In hierdie geval moet die huwelikspartye voor huweliksluiting ‘n Voorhuwelikse kontrak laat opstel en registreer . Die gemeenskap van goedere en van wins en verlies uitgesluit en is elke party die eienaar van sy of haar eie boedelbates. By ontbinding van die huwelik word daar nie gedeel in die aanwas of groei van die boedels nie. Die partye nie vir mekaar se skulde aanspreeklik is nie, behalwe in gevalle waar hulle vir mekaar borg geteken het. In geval van dood word net die oorlede party se boedel geplaas onder die administrasie van ‘n Eksekuteur en beredder deur die Eksekuteur. Hierdie opsie moet omsigtig gekies word in gevalle waar die omstandighede dit regverdig.

3. BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE MET DIE AANWASBEDELING

Ook in hierdie geval word, deur middel van ‘n voorhuwelikse Notariële huweliksvoorwaardeskontrak die gemeenskap van goedere en van wins en verlies uitgesluit. Elke party is dus weereens verantwoordelik vir sy of haar eie skulde en die eienaar van sy of haar eie bates.

Hierdie bedeling maak egter daarvoor voorsiening dat bates wat tydens die duur van die huwelik bymekaar gemaak word, ongeag
op wie se naam dit geplaas word, in gelyke dele deur die partye gedeel sal word by ontbinding van die huwelik.

Hierdie bedeling is ‘n populêre keuse vir paartjies wat vir die eerste maal trou en nog nie groot en waardevolle boedels bymekaar gemaak
het nie. Aanwas beteken in wese dat behalwe vir sekere bates wat deur die partye tydens die aangaan van die aanwas uitgesluit word,
alle ander boedelbates en die groei daarvan, deel vorm van die aanwasboedel wat in gelyke dele tussen die partye verdeel sal word ingeval van dood of egskeiding. Dit is veral 'n goeie keuse waar een van die partye sy of haar eie besigheid bedryf. Die opsie gee die voordele van 'n verdeling van bates met die verdere voordeel van batebeskerming teen krediteure.

In leketaal beteken dit dus dat die partye nie aanspreeklik is vir mekaar se
skulde nie maar dat hulle weld deel in wat hulle bymekaargemaak het gedurende die bestaan van die huwelik. Die deling geskied net by die ontbinding van die huwelik wat plaasvind by die dood van een van die partye of egskeiding. Hierdie huweliksbedeling laat baie buigbare en kreatiewe boedel beplanning toe.

Die “aanwas” is die mate wat partye se onderskeie boedels gegroei het by die ontbinding van die huwelik, in ander woorde, die bedrag wat die netto waarde van ‘n gade gegroei het oor oor die periode van die huwelik. Die aanwas van die partye word van mekaar afgetrek en die gade wat die minste aanwas getoon het, het ‘n eis van 50% in die verskil tussen die partye se aanwas. Die Aanvangswaarde van die betrokke partye word opgegee by die sluiting van die huweliksvoorwaardekontrak en reflekteer die party se netto batewaarde op
daardie stadium. Indien u onseker is hoe dit bereken word kan u die vorm in die aflaai seksie gebruik gebruik om u netto batewaarde te bepaal.

Ingevolge die WET OP HUWELIKSGOEDERE, 1984.

                                       VOLMAG OM HUWELIKSVOORWAARDES AAN TE GAAN Ons, die ondergetekendes, MAN IDENTITEITSNOMMER: MID ONGETROUD en VROU IDENTITEITSNOMMER: ONGETROUD gesamentlik sowel as afsonderlik, benoem en stel hiermee : met die mag van substitusie aan om ons wettige Prokureur en/of Agent in ons naam, plek en stede te wees, en te verskyn voor ‘n Notaris in die Provinsie van Gauteng en ‘n Huweliksvoorwaarde-kontrak te verly in die vorm en op die voorwaardes soos per aanhangsel en deur ons geparafeer en in die algemeen om voorgenoemde doeleindes te verwesenlik en om wat ook al nodig mag wees net so volledig doeltreffend te doen of te laat doen as wat ons dit sou kon doen indien ons persoonlik teenwoordig was en hierin gehandel het en ons ratifiseer, laat toe en bevestig alles wat ookal ons gemelde Prokureur en/of Agent hier kragtens wettiglik mag doen of laat doen. GETEKEN te _______________________________ OP HIERDIE ________ DAG VAN _____________________ 2016 AS GETUIES : 1. _________________________ 2. _________________________                                                                                                                                                          __________________________ MAN ___________________________ VROU PROTOKOL NO . ___________ VOORHUWELIKSE KONTRAK Met die UITSLUITING VAN DIE AANWASBEDELING Ingevolge die WET OP HUWELIKSGOEDERE, 1984 HIEMEE WORD BEKEND GEMAAK DAT op hierdie ________ dag van ________________ 2016 Voor my, PETRUS GERHARDUS LOUWRENS KOEN Notaris, praktiserend te PRETORIA in die GAUTENG PROVINSIE verskyn het, ____________ van PRETORIA, sy synde behoorlik daartoe gemagtig kragtens ‘n Volmag geteken te ________________ op _________________ 2016 aan haar verleen deur : MAN IDENTITEITSNOMMER : ONGETROUD En VROU IDENTITEITSNOMMER : ONGETROUD en welke Volmag vandag aan my oorhandig is, en welke Volmag nou in my Protokol geliasseer is. EN die Komparant het verklaar dat nademaal daar tot ‘n huwelik ooreengekom is en dit die voorneme is dat die huwelik tussen hulle voltrek word, hulle ooreengekom het en nou soos volg met mekaar kontrakteer : 1. Daar sal geen gemeenskap van goed tussen hulle wees nie. 2. Daar sal geen gemeenskap van wins en verlies tussen hulle wees nie. 3. Dat die Aanwasbedeling waarvoor daar ingevolge die bepaling van Hoofstuk I van die Wet op Huweliksgoedere, 1984 (Wet No. 88 van 1984), voorsiening gemaak word, uitdruklik uitgesluit word. ALDUS GEDAAN EN VERLY te PRETORIA voormeld, op die eersgemelde dag, maand en jaar in teenwoordigheid van die ondergetekende getuies. AS GETUIES : 1. ______________________ 2. ______________________                                                                                                                                                                  ________________________ MAN ________________________ VROU ________________________ QUOD ATTESTOR NOTARIS                    

Voorhuwelikse kontrak sonder aanwas Protokol Nr. VOORHUWELIKSE KONTRAK LAAT DIT HIERMEE BEKEND WEES DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Een Duisend Nege Honderd en (jaar) (19 ) na Christus voor my, (naam van Notaris), notaris, beëdig en toegelaat volgens wet en woonagtig en praktiserend in (stad en provinsie), Republiek van Suid-Afrika, en in die teenwoordigheid van die ondertekenende getuies, persoonlik kompareer het (naam van beoogde man) Identiteitsnommer (voeg nommer in) Ongetroud en (naam van beoogde vrou) Identiteitsnommer (voeg nommer in) Ongetroud EN die Komparante verklaar het dat nademaal die gemelde (naam van beoogde man) en (naam van beoogde vrou) (hierna genoem “die partye”) beoog om met mekaar te trou, hulle ooreengekom het: 1 Daar sal geen gemeenskap van goed en geen gemeenskap van wins en verlies tussen hulle wees met betrekking tot hul huwelik nie; 2 Die aanwasstelsel waarna verwys is in Hoofstuk 1 van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984 (“die Wet”), sal nie van toepassing wees op hul beoogde huwelik nie; 3 Met die oog op die gemelde beoogde huwelik, onderneem die gemelde (naam van beoogde man) om aan die gemelde (naam van beoogde vrou) as haar enigste en absolute eiendom te skenk; (Spesifiseer – byvoorbeeld) 3.1 al die huweliksgeskenke insluitend geldgeskenke wat ontvang mag word deur enige van die partye met die oog op die gemelde beoogde huwelik; 3.2 (Spesifiseer) 4 Die gemelde skenkings sal, desnieteenstaande, onderhewig wees aan die spesiale voorwaarde dat in geval die gemelde (naam van beoogde vrou) voor die gemelde (naam van beoogde man) te sterwe kom, die bogemelde eiendom of wat daarvan mag oorbly, sal terugval aan en weer die absolute eiendom van die gemelde (naam van beoogde man) sal word en die gemelde (naam van beoogde vrou) het verklaar die gemelde skenking te aanvaar onderhewig aan die gemelde voorwaarde. Op welke voorwaardes en stipulasies die Komparante verklaar het dat hul bedoeling is om die gemelde beoogde huwelik te voltrek en onderling belowe en ooreengekom het om aan mekaar die volle werking en waarde hiervan onder verbintenis van hul persoon en eiendom volgens wet toe te laat. GETEKEN te (plek) op die voormelde dag, maand en jaar in die teenwoordigheid van die ondergetekende getuies en van my, die Notaris. As getuies: 1 (Handtekening van beoogde man) 2 (Handtekening van getuies) (Handtekening van beoogde vrou) Voor my, NOTARIS

Hoe word aanvangswaarde bereken?

Voorbeeld van Voorhuwelikse kontrak sonder aanwas

Voorhuwelikse kontrak sonder aanwas

 Protokol Nr. 


VOORHUWELIKSE KONTRAK LAAT DIT HIERMEE BEKEND WEES DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en..... (jaar) (20 ) na Christus voor my, (naam van Notaris), notaris, beëdig en toegelaat volgens wet en woonagtig en praktiserend in (stad en provinsie), Republiek van Suid-Afrika, en in die teenwoordigheid van die ondertekenende getuies,persoonlik kompareer het 

(naam van eertse party) Identiteitsnommer (voeg nommer in) Ongetroud en (naam van tweede party) Identiteitsnommer (voeg nommer in) Ongetroud EN die Komparante verklaar het dat nademaal die gemelde (naam van beoogde man) 

en 

naam van beoogde vrou) 

(hierna genoem “die partye”) 

beoog om met mekaar te trou, hulle ooreengekom het: 

1 Daar sal geen gemeenskap van goed en geen gemeenskap van wins en verlies tussen hulle wees met betrekking tot hul huwelik nie; 

2 Die aanwasstelsel waarna verwys is in Hoofstuk 1 van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984 (“die Wet”), sal nie van toepassing wees op hul beoogde huwelik nie; 

3 Met die oog op die gemelde beoogde huwelik, onderneem die gemelde (naam van eertse party ) om aan die gemelde ( naam van tweede party ) as haar enigste en absolute eiendom te skenk; (Spesifiseer – byvoorbeeld)

 3.1 al die huweliksgeskenke insluitend geldgeskenke wat ontvang mag word deur enige van die partye met die oog op die gemelde beoogde huwelik; 

3.2 (Spesifiseer) 4 Die gemelde skenkings sal, desnieteenstaande, onderhewig wees aan die spesiale voorwaarde dat in geval die gemelde ( naam van beoogde vrou) voor die gemelde (naam van beoogde man ) te sterwe kom, die bogemelde eiendom of wat daarvan mag oorbly, sal terugval aan en weer die absolute eiendom van die gemelde (naam van beoogde man) sal word en die gemelde (naam van beoogde vrou) het verklaar die gemelde skenking te aanvaar onderhewig aan die gemelde voorwaarde. 

Op welke voorwaardes en stipulasies die Komparante verklaar het dat hul bedoeling is om die gemelde beoogde huwelik te voltrek en onderling belowe en ooreengekom het om aan mekaar die volle werking en waarde hiervan onder verbintenis van hul persoon en eiendom volgens wet toe te laat. 

GETEKEN te (plek) op die voormelde dag, maand en jaar in die teenwoordigheid van die ondergetekende getuies en van my, die Notaris. 


As getuies:

 1 ( Handtekening van eerste party ) 

2 ( Handtekening van getuies) ( Handtekening van tweede party ) 



Voor my, NOTARIS

Voorbeeld Huweliks Kontrak met die aanwasbedeleing 

Voorhuwelikse kontrak met aanwas 

Protokol Nr. 

VOORHUWELIKSE KONTRAK 

LAAT DIT HIERMEE BEKEND WEES DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en ......... (jaar) (20.. ) na Christus voor my, (naam van Notaris), notaris, beëdig en toegelaat volgens wet en woonagtig en praktiserend in (stad en provinsie), Republiek van Suid-Afrika, en in die teenwoordigheid van die ondertekenende getuies,persoonlik kompareer het (naam van eertse party) Identiteitsnommer (voeg nommer in) Ongetroud en (naam van tweede party) Identiteitsnommer (voeg nommer in) Ongetroud EN die Komparante het verklaar dat nademaal die gemelde (naam van eesrte party) en (naam van tweede party) (hierna genoem “die partye”) beoog om met mekaar te trou, hulle ooreengekom het: 

1 Ondanks enigiets tot die teendeel in enige strydigheid van regsbeginsels vervat in en onderworpe aan die bepalings van hierdie ooreenkoms sal die vermoënsgevolge van hul beoogde huwelik en die uitleg en interpretasie van hierdie ooreenkoms gereël en gereguleer word ooreenkomstig die wette van die Republiek van Suid-Afrika soos op ( datum van ondertekening van kontrak);

2 Daar sal geen gemeenskap van goed en geen gemeenskap van wins en verlies tussen hulle wees met betrekking tot hul huwelik nie; 

3 Geen party sal aanspreeklik wees vir enige skuld of verpligting aangegaan deur die ander party voor of tydens die bestaan van hul beoogde huwelik nie; 

4 Die aanwasstelsel waarna verwys is in Hoofstuk 1 van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984 (“die Wet”), maar uitsluitend enige wysigings daarvan, sal van toepassing wees op hul beoogde huwelik, daarin dat; 

4.1 By die ontbinding van die huwelik deur egskeiding of deur die dood van een of beide partye, sal die party wie se boedel geen aanwas of ’n kleiner aanwas as die boedel van die ander toon, of in geval van die dood van die eersgenoemde party, sy of haar eksekuteur ’n eis teen die ander party of sy of haar boedel hê vir ’n bedrag gelykstaande aan een helfte van die verskil tussen die aanwas van die besondere boedels van die partye; 

4.2 Die bogenoemde eis sal oorgaan by die ontbinding van die huwelik en sal nie gedurende die bestaan van die huwelik oordraagbaar wees of blootgestel wees aan beslaglegging of deel vorm van die insolvente boedel van enige party nie; 

4.3 Die aanwas van die boedel van elke party is die bedrag waarmee die netto waarde van sy of haar boedel by die ontbinding van die huwelik die netto waarde van die boedel by die aanvang van die huwelik oorskry; 4.4 Ondanks enigiets tot die teendeel hierin vervat, sal in die bepaling van die aanwas van elke party se boedel: 

4.4.1 Enige erfdele, nalatenskappe en skenkings wat enige party mag toeval gedurende die bestaan van hul huwelik en alle bates wat enige party mag verwerf het kragtens sy of haar besit of vroeëre besit van sodanige erfdele, nalatenskappe of skenkings en inkomste daaruit verkry, uitgesluit word van die aanwas van die boedel van sodanige party; 

4.4.2 Skenkings deur enige party aan die ander, anders as skenkings met die oog op die dood, nie in berekening gebring word óf as deel van die boedel van die skenker óf as deel van die boedel van die begunstigde nie; 

4.4.3 Enige bedrag wat enige party se boedel toegeval het deur skadevergoeding anders as skadevergoeding vir oorgeërfde verlies, buite rekening gelaat word; 

4.4.4 Die netto waarde van die boedel van elke party by die aanvang van hul huwelik bereken word met behoorlike voorsiening vir enige verskil in die waarde van geld wat by die aanvang en die ontbinding van hul beoogde huwelik mag bestaan en vir hierdie doel sal die aangepaste gemiddelde van die verbruikersprysindeks soos van tyd tot tyd in die Staatskoerant van die Republiek van Suid-Afrika gepubliseer of enige ander register gepubliseer as plaasvervanging daarvan dien as weerlegbare bewys van enige verandering in die waarde van geld; 

4.4.5 Die aanwas van die boedel van die oorlede party bepaal word voordat uitvoering gegee word aan enige testamentêre beskikkings, skenkings met die oog op die dood of erfopvolging ingevolge enige intestate erfreg; 

4.4.6 Die partye stem ooreen om nie enige skenkings te maak, behalwe skenkings wat redelike geskenke op feestelike geleenthede aan familielede is, sonder die skriftelike toestemming van die ander party nie en dat die waarde as rekenkundige aanpassing van enige skenking gemaak sonder die skriftelike toestemming van die ander party toegevoeg sal word tot die netto waarde van die boedel van die party wat die skenking gemaak het, wanneer die netto waardes van die boedels van die betrokke partye by ontbinding van die huwelik bereken word. 

4.4.7 Indien enige party ’n ongerehabiliteerde insolvent by die ontbinding van die huwelik is, sal die aanwasstelsel soos hierbo uiteengesit nie van toepassing wees nie en by die ontbinding van die huwelik sal elke party geregtig wees op slegs sy of haar eie boedel en losgoed. 

4.4.8 Die partye verklaar die netto waarde van hul betrokke boedels by die aanvang van hul beoogde huwelik om te wees: (naam van beoogde man) : (aanvangswaarde) 

5 Ter vasstelling van die aanwas van die Boedel van die gemelde (naam van beoogde man) is uitgesluit van die aanvangswaarde en sal uitgesluit wees van die eindwaarde van die Boedel van die gemelde (naam van beoogde man), die volgende: (Spesifiseer) Op welke voorwaardes en stipulasies die Komparant verklaar het dat die partye onderskeidelik belowe en ooreenkom om hul gemelde beoogde huwelik te voltrek en onderling belowe om aan mekaar die volle werking en waarde hiervan onder verbintenis van hul persoon en eiendom volgens wet toe te laat. 


GETEKEN te (plek) op die voormelde dag, maand en jaar in die teenwoordigheid van die ondergetekende getuies en van my, die Notaris. 

As getuies: 

1 ( Handtekening van eerste party ) 

( Handtekening van tweede party )

2 ( Handtekening van getuies)


QUOD ATTESTOR NOTARIS


Ingevolge artikel 6(1) van die Wet op Huweliksgoedere kan ‘n party tot ‘n voorgenome huwelik, wat nie die waarde in die kontrak uiteensit vir die doel om ʼn bewys te lewer van die bates van sy of haar boedel teen die tyd van die aanvang van die huwelik nie, dit binne ses maande van die sluiting van die huwelik in ‘n verklaring bevestig met behulp van ’n notaris. 

Ingevolge artikel 6 (4) van die Wet op Huweliksgoedere word die netto waarde van die boedel van ‘n gade as nul geag ten tye van die huwelik, indien die betrokke party nie die bewys betyds lewer nie. In effek is so ‘n kontrak geldig, maar dit sal beteken dat ʼn huwelik as binne gemeenskap van goederebeskou, aangesien daar niks van die oploping uitgesluit is nie.