Bewys van aanvangswaarde van boedel.—(1) Waar ’n party by ’n voorgenome huwelik nie vir die doel van bewys van die netto waarde van sy boedel by die aanvang van sy huwelik daardie waarde in die betrokke huweliksvoorwaardes verklaar nie, kan hy vir dié doel daardie waarde voor die sluiting van die huwelik of binne ses maande daarna in ’n opgawe verklaar, wat deur die ander party onderteken moet word, en die opgawe deur ’n notaris laat attesteer en saam met die afskrif van die huweliksvoorwaardes van die partye in die protokol van die notaris voor wie die huweliksvoorwaardes verly is, laat bewaar.